Bekerm die natuur
Hoe die natuur se rykdomme verander deur hoe ons die grond gebruik © Chris Heward/GWCT
Die beskerming en bestuur van natuurlike gebiede en prosesse is belangrik wanneer die druk op die natuur groot is. Toevlugsareas is noodsaaklik vir spesies wat maklik verloor word uit ekosisteme sodat daar 'n bron is vir herstel. Daar is reeds 'n rykdom van spesies wat in die onversteurde gebiede van sekere tropiese lande oorleef en wat bewaar kan word sonder die nodigheid vir restorasie. As ons verby sulke areas kyk is die ideaal om organismes en hulle ekosisteme te bewaar 'n bewarings kontinuum waar sones van beskerming aaneengeskakel word deur sones of gange van natuurlike habitat met verminderde gebruik deur mense. Hierdie vorm saam 'n mosaik. As natuurreservate eilande in 'n see van intensiewe gebruik word, mag daar die risiko wees vir die oorvloei van besoedelingstowwe, of waterverlies, as hulle nie meer in staat is om populasies van skaars spesies te onderhou nie. Sonering stel gemeenskappe ook in staat om deel te neem aan plaaslike bewaring eerder as om te betaal vir reis en toegang tot areas wat ryk is aan die natuur. In Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe word meer grond en groter wildpopulasies buite Nasionale Parke bestuur vir jag en wildbesigtiging as daar binne, Sulke sonering is veral belangrik vir spesies wat deur plaaslike gemeenskappe verdra word wanneer die skade wat hulle veroorsaak deur jag en ander gebruike verreken kan word. Wat betaal, bly.
Herstel en verryking van die natuur
Herstel van wortelboomwoude teen die kus © Marco Quesada
Ten spyte daarvan dat daar ongeveer 15% van die landoppervlakte wêreldwyd bewaar word, word ekosisteme wat deur mense gebruik word deurlopend vernietig en spesies gaan wydverspreid verlore deur die mens se toenemende eise vir kos en hulpbronne. Probleme deur menslike infrastruktuur soos paaie, damme, kraglyne en windplase kan meesal verminder word as toepaslike kennis toegepas word. As habitatverlies die probleem is kan klein veranderings in grondbestuur wat soms tot voordeel strek van boerdery, bosbou en tuinbou dramaties resulate inhou vir die rykdom van die natuur. Neskaste, stroke plantegroei vir insek roofdiere soos torre, bufferstroke en die diversivisering van grondgebruike is almal goeie voorbeelde. Baie meer werk word benodig vir hierdie 'versoeningsekologie' en die naatlose integrering in grondbestuur (stede ingesluit) en infrastruktuur.
As wilde kossoorte wat geoes word afwyk van vorige volhoubare vlakke, veral van vleis in groterwordende dorpe, is dit noodsaaklik om met gemeenskappe ooreen te kom op beskermingsmaatreëls. Die ooreenkomste moet gebasseer wees op die wetenskap en tradisionele kennis. Die wye aanvaarding van gemeenskapsbewaring is vertraag deur gemeenskappe wat nie die verantwoordelikheid van ekosisteembestuur wil afwentel na die laagste aanvaarbare vlak nie (die 'ekosisteembenadering') en deur 'n geloof dat dit beter is vir ontwikkeling om teengestaan te word as vir bestuur en restorasie om te kompenseer vir menslike impakte. Alhoewel restorasie wyd aangespreek word in amptelike strategie, is die implementasie daarvan swak. Regerings- en ander instansies moet saamwerk vir verbeterde restorasie, beide met plaaslike gemeenskappe en gemeenskappe van almal wat belangstel in die omgewing en wilde spesies. Belanghebbende gemeenskappe met spesiale belangstellings kan spesiale rolle vervul soos wanneer valkeniers voëlvriendelike kraglyne ontwikkel of wannneer voëlkykers die versigtige plasing van windplase versoek.
Stedelike ekosisteme
'n Groter diversiteit van plante moedig 'n diversiteit van diere aan © Jamesteohart/Shutterstock
Die beskerming en herstel van die natuurrykdom moet nie net landelike gebiede insluit nie, maar ook stedelike gebiede, aangesien almal afhanklik is van die natuur vir kos, vars water, skoon lug en 'n stabiele klimaat. Tuine, parke, 'groen longe' en 'smaragdkettings' wat stadsspreiding verhoed kan almal voordele bring aangesien die bestuur van dienste vir menslike, en ander lewe, orals benodig word. Verder keer mense wat in dorpe bly gereeld terug na die landelike gebiede en hulle moet die natuur verstaan as hulle 'n nuttige bydrae wil maak tot die plaaslike gemeenskappe.